Connect with us:
Our vision is to be the global leader in sustainable gold mining

Media

Diskoers: SA kan beter – leiers moet voorbeeld stel - Network24

Thursday, 26 November 2015

Leierskap is ’n skaars voorreg (per definisie is daar ’n paar mense wat baie lei) en ’n groot geleentheid (om die toekoms wat jy wil hê, te vorm).

Nodeloos om te sê, kom dit met ’n enorme las van verantwoordelikhede (dit vereis wys­heid en jy kan en moet na regte tronk toe te gaan vir die manier waarop jy dit uitoefen).

Die wêreld is nogal in ’n haglike toestand. Ekonomieë is onder druk, veiligheid word gedefinieer deur eens skaars gebeure wat algemeen geword het (soos selfmoordbomme).

Wêreldkonflik het al hoe meer intranasionaal geword, maar die gevolge is internasionaal. Die vraagstukke wat konflik veroorsaak, verskil aansienlik van dié wat vantevore tot wêreldoorloë gelei hett.

Die konsep van mag het verander. Dis meer toepaslik om na “beheer” as “regeer” te verwys.

Regering is maar een skakel in die ketting wat verseker dat samelewings optimaal funksioneer.

Dit sal heelwat tyd en die voordeel van nabetragting verg om maatskaplike teorieë te ontwikkel om alles ten volle te verstaan en dié kennis te institusionaliseer.

In Suid-Afrika dwing noodsaak ons om alles in ’n “vinnig-vorentoe”-modus te doen.

Die geleenthede of risiko’s is baie groter as in jou gemiddelde vervelige demokrasie.

In dié waardeketting speel verkose leiers ’n deurslaggewende rol. Hulle moet tussen teenstrydige behoeftes bemiddel en moet by verstek die belange van die meerderheid kies.

Dit maak my dus briesend dat ons verkose leiers soveel tyd aan belaglike semantiek gemors het oor die private woning van ’n bemagtigde burger (die president) en die kleredragvoorskrifte van bemagtigde burgers wat van “bling” hou. Ek is smoorkwaad dat die parlement toegelaat het dat hy deur dié modderpolitiek en -gedrag ingesleep is. Nie veel leierskap dáár nie.

Dis so hartseer, want die gedrag van mense aan die stuur (van alle partye) oorskadu ongelukkig die ongelooflike prestasies wat deur so baie mense in daardie instellings bereik is wat meer volwasse demokrasieë nie kan nie (soos die wydste beskikbaarstelling van anti-retrovirale middels, vroue in openbare leierskap, insluiting van mense met gestremdhede, wetenskaplike innovasies soos die Square Kilometre Array-projek en omvangryke prestasies in die kunste wêreldwyd).

Maar tyd raak min om die tydbomme van ongelykheid en armoede te ontlont. Ons kan nie nog 20% van ’n termyn van demokrasie mors nie.

My wonderkure? Inklusiwiteit en verantwoordbaarheid.

Wêreldwyd sien ons die voordele van groter deelname deur vroue. Ons is bloot dom as ons nie 100% van ons vermoë inspan nie. En vroue verteenwoordig nou meer as 50% van alle gegradueerdes wêreldwyd.

Ek kan dieselfde sê oor mense met gestremdhede, wat ten volle in staat is om ons uitdagings te help aanpak.

Aan dié wat deur die geskiedenis gemarginaliseer is: Gebruik die geskenke van ons Grondwet. Op jou eie is goed; georganiseerd saam met ander is beter. Bou die burgerlike samelewing.

En dis ook nie net op die openbare sektor van toepassing nie – die private sektor is om die waarheid te sê agter wat inklusiwiteit betref.

Hoeveel van ons gebruik die meganismes vir verantwoordbaarheid, ook wat die proses vir die aanvaardig van wette betref? Neem ons deel aan openbare verhore by die provinsiale of nasionale regering? Of aan wykskomiteevergaderings? Of op die beheerliggaam van ons kinders se skool? Mense wat vooruitgang wil rem, gebruik dié meganismes dikwels.

Ons land kan baie beter vaar. Ons moet ons leiers sover kry om hul werk beter te doen, in sowel die openbare as private sektor, en in alle politieke partye.

Twee plae wat simboliseer wat met verantwoordbaarheid verkeerd is, is korrupsie en die lewensverlies van arm mense.

Miskien is dit tyd om suksesvolle openbare mobilisering van menings en hulpbronne te oorweeg vir die vervolging van leiers wat voordeel trek uit korrupsie in die openbare en die private sektor.

Miskien is dit tyd om die reg te gebruik om ’n uitvoerende hoof te vervolg as ’n werknemer in die werkplek sterf.

Miskien is dit tyd om baie deegliker te ondersoek wat die impak van sekere nieregeringsorganisasies (NGO’s) is, terwyl ons terselfdertyd NGO-salarisse in die pas bring met dié van hul eweknieë in die private sektor.

Laat dié van ons met ’n titel om te lei, voor loop.


Back to previous page