Connect with us:
Our vision is to be the global leader in sustainable gold mining

Media

South Deep enigste ligpunt vir Gold Fields - Netwerk24

Thursday, 18 February 2016

Die daling in die waarde van die rand het Harmony Gold en Sibanye Gold dalk gehelp, maar Gold Fields, met net een goudmyn in Suid-Afrika, het die daling in die dollar-goudprys aan sy sak gevoel met ’n verlies van $54 miljoen in die vierde kwartaal van 2015.

Bloomberg berig dat die maatskappy se myne in Ghana en Australië nie so goed gevaar het nie en daarom was hy genoop om sy waardasie met $300 miljoen te verlaag.

“2015 was ’n baie uitdagende jaar vir die goudmynbedryf met die goudprys wat bykans $250 per fynons verloor het gedurende die jaar,” sê Gold Fields in ’n verklaring.

Die enigste ligpunt vir die maatskappy is sy Suid-Afrikaanse myn, South Deep, wat koste met 19% gesnoei het tot $1 156 per fynons en produksie met 24% verhoog het tot 68 100 onse vir die kwartaal.

Gold Fields het 566 000 onse goud in die kwartaal geproduseer teen ’n gemiddelde koste van $929 per fynons.

Produksie was op met 1,6% vergeleke met die vorige kwartaal en koste het met 2% gedaal.

Gold Fields se aandeelprys het Woensdag teen R65,70 op die JSE gesluit maar was teen Donderdag 12:45 16,24% laer op R55.03.


Back to previous page